
VN-Bevolkingsfonds bekommerd oor jong meisie-swangerskappe
Loading player...
Tydens vandag se Wêreldbevolkingsdag-herdenking in Windhoek het die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds kommer uitgespreek oor die toenemende aantal vroeë en onbedoelde swangerskappe in Namibië. UNFPA-verteenwoordiger Erika Goldson het die ernstige impak op jong meisies uitgelig – dit beperk hul geleenthede, versterk armoedesiklusse en bedreig hul gesondheid en toekoms.