
IPC wil weet wat aangaan met nuwe nasionale lugredery
Loading player...
Die IPC-parlementslid Nelson Kalangula eis antwoorde van die vervoerminister, Veikko Nekundi, oor die ware status van die nuwe nasionale lugredery wat Air Namibia gaan vervang. Die regering het reeds 20 miljoen Namibiese dollar vir 'n haalbaarheidstudie toegeken. Kalangula het in die Nasionale Vergadering gevra waarom die proses in geheimhouding plaasvind.