Groei in privaatsektor kredietverlening kan voortduur, maar...

Loading player...
Die groei in privaatsektor kredietverlening het in Julie 5,7 persent jaar-op-jaar beloop, wat die vinnigste groeitempo sedert vroeg-2020 handhaaf. Thazwill Thompson, 'n ontleder van Simonis Storm, sê kredietverlening sal waarskynlik stewig bly, gerugsteun deur lae rentekoerse en bestendige sakelenings. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus rig Thompson egter 'n waarskuwing oor bydraende faktore.
4 Sep 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

VN-Bevolkingsfonds bekommerd oor jong meisie-swangerskappe

Tydens vandag se Wêreldbevolkingsdag-herdenking in Windhoek het die Verenigde Nasies se Bevolkingsfonds kommer uitgespreek oor die toenemende aantal vroeë en onbedoelde swangerskappe in Namibië. UNFPA-verteenwoordiger Erika Goldson het die ernstige impak op jong meisies uitgelig – dit beperk hul geleenthede, versterk armoedesiklusse en bedreig hul gesondheid en toekoms.
4 Sep 10AM 3 min

IPC wil weet wat aangaan met nuwe nasionale lugredery

Die IPC-parlementslid Nelson Kalangula eis antwoorde van die vervoerminister, Veikko Nekundi, oor die ware status van die nuwe nasionale lugredery wat Air Namibia gaan vervang. Die regering het reeds 20 miljoen Namibiese dollar vir 'n haalbaarheidstudie toegeken. Kalangula het in die Nasionale Vergadering gevra waarom die proses in geheimhouding plaasvind.
4 Sep 10AM 1 min

Privaatsektor moet help by groenskemas, sê Boere-unie

Terwyl die regering se groen skemas onder hernude fokus kom, sê die president van die Namibiese Nasionale Boere-unie, Adolf Muremi, dat die ware sleutel tot 'n florerende landbousektor by die privaatsektor lê. Muremi voer aan dat daar nie van die regering verwag moet word om die sektor alleen te dra…
4 Sep 10AM 1 min

Stad Windhoek wil jou insette hoor!

Die Stad Windhoek doen 'n beroep op alle inwoners om hul stemme te laat hoor. 'n Reeks openbare raadplegende vergaderings het in die hoofstad se kiesafdelings afgeskop en sal tot 26 Oktober duur. Die doel is om belangrike prestasies uit te lig en die uitdagings wat in die huidige termyn…
4 Sep 9AM 1 min

Polisie skiet gesoekte 'ontvoeringsbaasbrein' dood

'n Vermeende ontvoeringsbaasbrein is in 'n skietery met die polisie en 'n privaat sekuriteitsmaatskappy op die R-21 in Kemptonpark, Gauteng, doodgeskiet. Dit volg op die redding van die ontvoerde sakeman van Benoni, Mohammed Bashir Ahmed Seedat. Die 42-jarige is op 23 Julie deur gewapende mans uit sy sakeonderneming, Rynfield Drapers…
4 Sep 9AM 1 min