
Epstein-sage 'n Demokratiese klug, sê Trump
Loading player...
Die vrystelling van die volledige Epstein-lêers is weer in die nuus in Amerika, na 'n protes in Washington om 'n wetsontwerp daaroor te steun. President Donald Trump is tydens 'n perskonferensie in die Withuis daaroor uitgevra, en het dit weer afgemaak as 'n klug deur die Demokrate. Volgens hom gebruik hulle dit om aandag af te lei van sy prestasies.