
Vyf word vervolg oor Jagersfontein slykdamramp
Loading player...
Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens is van 'n ingenieursmaatskappy, word aangekla van moord, kwaadwillige saakbeskadiging en oortreding van die Wet op Beroepsgesondheid en -Veiligheid: