Sondagaand Erediens - Ds Johan Marais

Loading player...
PSALMS 121
My hulp kom van die Here
1'n Pelgrimslied.
Ek kyk op na die berge:
waarvandaan sal daar vir my hulp kom?
2My hulp kom van die Here
wat hemel en aarde gemaak het.
3Hy sal nie toelaat dat jy struikel nie;
Hy wat jou beskerm, slaap nooit nie.
4Waarlik, die Beskermer van Israel sluimer nie in nie
en Hy slaap nie.
5Die Here beskerm jou,
die Here bewaar jou van alle gevare.
6Bedags sal die son jou nie steek nie
en snags sal die maan jou nie kwaad doen nie.
7Die Here sal jou beskerm teen alle gevaar,
jou lewe sal Hy beskerm.
8Hy sal jou beskerm waar jy ook gaan,
nou en vir altyd.
7 Sep 1PM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

JOHANNES 21 Jesus verskyn nog 'n keer aan sy dissipels 1Daarna het Jesus weer aan sy dissipels verskyn, by die See van Tiberias. Dit het só gebeur: 2Simon Petrus en Tomas, wat ook Didimus genoem is, Natanael van Kana in Galilea, die seuns van Sebedeus en nog twee ander dissipels…
23 Sep 2AM 13 min

Maandag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

LUKAS 15 Die gelykenis van die verlore skaap (Matt. 18:12-14) 1Die tollenaars en sondaars het almal die gewoonte gehad om na Jesus te kom luister. 2Hierteen het die Fariseërs en die skrifgeleerdes beswaar gemaak en gesê: “Hierdie man ontvang sondaars en eet selfs saam met hulle.” 3Toe vertel Jesus vir…
22 Sep 2AM 16 min

Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

DIE OPENBARING 22 1Toe het die engel my die rivier met die water van die lewe gewys. Dit is helder soos kristal en dit stroom uit die troon van God en van die Lam uit. 2Tussen die hoofstraat van die stad aan die een kant en die rivier aan die…
21 Sep 1PM 20 min

Sondagoggend Erediens - Prof Pieter Verster

DIE OPENBARING 7 Die honderd vier en veertig duisend 1Daarna het ek vier engele by die vier hoeke van die aarde sien staan. Hulle het die vier winde van die aarde vasgehou, sodat daar geen wind op die land en op die see en teen enige boom sou waai nie…
21 Sep 3AM 25 min

Saterdag Oggenddiens - Prof Pieter Verster

1 KONINGS 21 Nabot en sy wingerd 1Hierna het die volgende gebeur: Nabot die Jisreëliet het in Jisreël 'n wingerd gehad langs die paleis van koning Agab van Samaria. 2Agab het met Nabot gaan praat en vir hom gesê: “Gee jou wingerd vir my vir 'n kruietuin, want dit lê…
20 Sep 2AM 16 min