Vereniging van Volksmoord sê Israel pleeg volksmoord

Loading player...
Die wêreld se voorste vereniging van volksmoordgeleerdes het verklaar dat Israel volksmoord in Gaza pleeg. 'n Resolusie wat deur die Internasionale Vereniging van Volksmoord-wetenskaplikes aanvaar is, lui dat Israel se optrede voldoen aan die wettige definisie soos uiteengesit in die VN-konvensie oor volksmoord. Die organisasie lys onder vele ander die wydverspreide aanvalle op die personeel en fasiliteite wat nodig is vir oorlewing, insluitend in die gesondheidsorg-, hulp- en opvoedkundige sektore, asook die meer as 50 000 kinders wat dood is. Die vereniging se president, Melanie O'Brien:
2 Sep 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Trump waarsku Hamas: 'Duiwel gaan los wees'

President Donald Trump van Amerika waarsku Hamas om vinnig te ontwapen of die duiwel gaan los wees. Hy het gister in Florida met Israel se eerste minister, Benjamin Netanyahu, beraadslaag. Die twee leiers kon nie ʼn ooreenkoms bereik oor die tweede fase van die Amerikaans-onderhandelde vredesooreenkoms in Gaza nie. Trump…
30 Dec 1AM 1 min

Interpol-ambassadeur sê dwangarbeid teiken Afrikane

Die afgetrede Interpol-ambassadeur Andy Mashaile waarsku teen die eskalering van moderne dwangarbeid wat Afrikane teiken wat in die buiteland werk. Dit volg op pleidooie van families van 14 Suid-Afrikaanse mans wat na bewering teen hul wil in Thailand aangehou is nadat hulle IT-poste in Bangkok aanvaar het. Die waarskuwing volg…
29 Dec 11PM 1 min

Starmer in warm water oor Britse aktivis

Die Britse eerste minister, Keir Starmer, loop onder kritiek deur nadat hy die terugkeer van die Britse aktivis, Alaa Abd El-Fattah, gevier het wat in Egipte in aanhouding was. Fattah is in 2021 beskuldig dat hy fopnuus in Egipte versprei het nadat hy ʼn Facebook-plasing oor marteling in die land…
29 Dec 4AM 1 min

Gebou in Soweto stort ineen; drie sterf

Twee vroue en 'n kind is dood toe 'n dubbelverdiepinggebou in Doornkop, Soweto, ineengestort het. 'n Woordvoerder van die Johannesburgse Nooddienste, Xolile Khumalo, sê die nooddienste is gisteroggend omstreeks 3-uur na die toneel ontbied. Sy sê met hul aankoms is bevestig dat ses mense ten tye van die ineenstorting in…
29 Dec 2AM 1 min

Grond bly netelig in Oekraïne-onderhandelinge

President Donald Trump van Amerika sê onderhandelaars kom nader aan ʼn Oekraïnse vredesooreenkoms, maar erken netelige sake soos die grondkwessie bly ʼn probleem. Hy het Sondag met Oekraïne se president Volodymyr Zelensky vergader by sy Florida-oord, Mar-a-Lago. Hierdie jongste vergadering volg kort nadat Rusland die jaar se langste, volgehoue aanval…
29 Dec 2AM 1 min