Die groei in privaatsektor kredietverlening het in Julie 5,7 persent jaar-op-jaar beloop, wat die vinnigste groeitempo sedert vroeg-2020 handhaaf. Thazwill Thompson, 'n ontleder van Simonis Storm, sê kredietverlening sal waarskynlik stewig bly, gerugsteun deur lae rentekoerse en bestendige sakelenings. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus rig Thompson egter 'n…
Die vrystelling van die volledige Epstein-lêers is weer in die nuus in Amerika, na 'n protes in Washington om 'n wetsontwerp daaroor te steun. President Donald Trump is tydens 'n perskonferensie in die Withuis daaroor uitgevra, en het dit weer afgemaak as 'n klug deur die Demokrate. Volgens hom gebruik…
Namibië bied tans die Afrika-portuurbeoordelingsmeganisme se bestuursindeks nasionale dialoog en data-bekragtiging werkswinkel in Swakopmund aan. Dit het ten doel om deursigtigheid en bewysgebaseerde besluitneming te versterk deur te verseker dat akkurate data die land se bestuursindeks inlig. Erongo-goewerneur Nathalia Goagoses het in 'n toespraak gesê die werkswinkel handel oor die…
Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens…
Te midde van oproepe dat die regering meer daadwerklik moet optree teen Israel weens die humanitêre krisis in Gaza, sê die vooraanstaande politieke ontleder Ndumba Kamwanyah dat Namibië beide 'n wetlike verpligting en 'n morele verantwoordelikheid het om dit te doen. Hy sê as 'n ondertekenaar van talle internasionale menseregte-instrumente…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.