Aansoeke vir belastingvrye suiwel- en koringprodukte invoere nou oop

Loading player...
Die Namibiese regering nooi plaaslike firmas uit om aansoek te doen vir belastingvrye invoere van geselekteerde suiwel- en koringprodukte. Dit is deel van 'n poging om voedselkoste te verlaag en besighede te ondersteun onder 'n spesiale tariefkwotastelsel. Kosmos 94.1 Nuus het met Regina Valombola, 'n skakelspesialis by die ministerie van landbou, gesels.
1 Sep 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Polisie skiet gesoekte 'ontvoeringsbaasbrein' dood

'n Vermeende ontvoeringsbaasbrein is in 'n skietery met die polisie en 'n privaat sekuriteitsmaatskappy op die R-21 in Kemptonpark, Gauteng, doodgeskiet. Dit volg op die redding van die ontvoerde sakeman van Benoni, Mohammed Bashir Ahmed Seedat. Die 42-jarige is op 23 Julie deur gewapende mans uit sy sakeonderneming, Rynfield Drapers…
4 Sep 9AM 1 min

Groei in privaatsektor kredietverlening kan voortduur, maar...

Die groei in privaatsektor kredietverlening het in Julie 5,7 persent jaar-op-jaar beloop, wat die vinnigste groeitempo sedert vroeg-2020 handhaaf. Thazwill Thompson, 'n ontleder van Simonis Storm, sê kredietverlening sal waarskynlik stewig bly, gerugsteun deur lae rentekoerse en bestendige sakelenings. In 'n onderhoud met Kosmos 94.1 Nuus rig Thompson egter 'n…
4 Sep 8AM 1 min

Epstein-sage 'n Demokratiese klug, sê Trump

Die vrystelling van die volledige Epstein-lêers is weer in die nuus in Amerika, na 'n protes in Washington om 'n wetsontwerp daaroor te steun. President Donald Trump is tydens 'n perskonferensie in die Withuis daaroor uitgevra, en het dit weer afgemaak as 'n klug deur die Demokrate. Volgens hom gebruik…
4 Sep 8AM 1 min

Bestuursindeks op agenda in Swakopmund

Namibië bied tans die Afrika-portuurbeoordelingsmeganisme se bestuursindeks nasionale dialoog en data-bekragtiging werkswinkel in Swakopmund aan. Dit het ten doel om deursigtigheid en bewysgebaseerde besluitneming te versterk deur te verseker dat akkurate data die land se bestuursindeks inlig. Erongo-goewerneur Nathalia Goagoses het in 'n toespraak gesê die werkswinkel handel oor die…
4 Sep 7AM 1 min

Vyf word vervolg oor Jagersfontein slykdamramp

Die regering het bevestig dat strafregtelike stappe volgende week begin teen vyf verdagtes in verband met die Jagersfontein-slykdamramp in die Vrystaat in 2022. Drie mense is dood toe die damwal gebreek het. Die woordvoerder van die Departement van Water en Sanitasie, Wisane Mavasa, sê die vyf verdagtes, wat in diens…
4 Sep 7AM 1 min