Woord vir Vandag - 13 Sep 2025

Loading player...
“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook …” 1 Korintiërs 10:13 NLV

Die Bybel help ons om versoeking te oorkom (3)

Volgens Jesus word wellus deur versoeking voorafgegaan en kan dit tot sonde lei (sien Matteus 5:27-28). Die goeie nuus oor die hantering van versoekings is dat jy egter nie alleen is nie. God se Woord sê vir ons: ‘Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou’ (vers 13 NLV). In die lig van hierdie Skrifgedeelte hou die verskoning van: ‘Ek kon myself nie help nie,’ geen water by God nie. Die Bybel sê dat geen versoeking groter as God se getrouheid is nie. As jy die uitkoms wat Hy bied, kies, sal jy nie in die strik trap nie. As jy misluk, sal dit wees omdat jy nie op God se getrouheid staat gemaak het nie. Die versoeking sal dalk nie dadelik verdwyn nie, maar jy sal ‘n manier vind om dit te weerstaan. Die versoeking bly ‘n aktiewe moontlikheid, maar God gee ons die opsie om op sy betroubare, verlossende krag te vertrou. Om versoekings te weerstaan is ‘n voortdurende proses. Jy kan die stryd wen, maar die oorlog sal nooit ten volle eindig totdat die laaste skoot by die koms van Jesus gevuur word nie. Intussen: ‘Wees versigtig! Pas op vir die duiwel se aanvalle. Hy is julle groot vyand. Hy loop rond soos ‘n brullende leeu, op soek na iemand om te verslind. Hóm moet julle teenstaan deur standvastig in julle geloof te bly. Julle weet mos: Dwarsdeur die wêreld verduur lede van God se gesin dieselfde soort lyding’ (1 Petrus 5:8-9 NLV).
29 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min