Vrydag Oggenddiens - Past Marius de Klerk

Loading player...
RIGTERS 1
Die verowering van die land
1Na die dood van Josua het die Israeliete die Here geraadpleeg. Hulle het gevra: “Wie van ons moet eerste teen die Kanaäniete gaan veg?”
2Die Here het geantwoord: “Juda moet gaan. Ek gee die land oor in sy mag.”
3Toe sê Juda vir sy broer Simeon: “Kom saam met my na die gebied toe wat aan my toegesê is, dan veg ons saam teen die Kanaäniete. Ek sal dan weer saam met jou gaan na jou gebied toe.”
Simeon is toe saam met hom.
4Juda het toe gaan veg, en die Here het die Kanaäniete en die Feresiete in Juda se mag oorgegee en hy het in Besek tien duisend man verslaan. 5Daar het hy op Adoni-Besek afgekom en teen hom geveg en die Kanaäniete en die Feresiete verslaan.
29 Aug 2025 2AM Afrikaans South Africa Religion & Spirituality · Christianity

Other recent episodes

Sondagaand Erediens - Ds Wimpie Raath

1 TESSALONISENSE 3 12En mag die Here julle liefde vir mekaar en vir alle mense laat groei en oorvloedig maak, net soos ons liefde vir julle. 1 PETRUS 2 22“Hy het geen sonde gedoen nie en uit sy mond het daar nooit 'n leuen gekom nie.” ROMEINE 12 Riglyne vir…
13 Sep 1PM 19 min

Sondagoggend Erediens - Ds Wimpie Raath

1 JOHANNES 4 God is liefde 7Geliefdes, ons moet mekaar liefhê, want liefde kom van God, en elkeen wat liefhet, is 'n kind van God en ken God. 8Wie nie liefhet nie, het geen kennis van God nie, want God is liefde. 9Hiérin is God se liefde vir ons geopenbaar:…
13 Sep 3AM 30 min

Vrydag Oggenddiens - Ds Wimpie Raath

ROMEINE 8 35Wie kan ons van die liefde van Christus skei? Lyding of benoudheid of vervolging, honger of naaktheid, gevaar of swaard? 36Daar staan immers geskrywe: “Dit is oor U dat die dood ons dag vir dag bedreig, dat ons soos slagskape behandel word.” 37Maar in al hierdie dinge is…
11 Sep 2AM 11 min