Hierdie week op Wiele2Wiele ervaar hulle die splinternuwe MG3, ’n kompakte luikrug wat beslis aandag gaan trek. Hulle bring ook tyd met die Chery Tiggo 7 CHS deur.
Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele ’n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika. Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat’-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets.
Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in. Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die…
In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie padtoetse: die Mazda CX-30 wat propvol standaardspesifikasies is, die Volvo C40 Recharge wat die koppe laat draai en die Audi Q8 55 TFSI Black Edition met sy treffende swart afwerkings. Verder gee hulle raad oor hoe jy jou swaarvoertuiglisensie kan…
Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Audi RS Q8 - is dit ’n sportmotor of ’n familiemotor? Hulle spandeer ook tyd met die handratmodel van Volkswagen se T-Cross en is aangeneem verras. Volkswagen het ook sy splinternuwe Tayron bekendgestel. Hy is as ’n sewesitplek beskikbaar teen ’n bekostigbare prys,…
Hierdie week op Wiele2Wiele stel Volvo die nuwe EX30 Cross Country bekend. Hulle neem jou saam op ’n Toyota ‘Roots to Routes’-geskiedenisreis en spandeer tyd met die Jaecoo J7 SHS. Verder gesels hulle oor die regte bandkeuses vir jou 4x4-voertuig en raak nostalgies oor 2Wiele met die Suzuki GSX-750 SRAD.
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.