
Lae waterdruk in Lüderitz, pyplyn-lek word herstel
Loading player...
NamWater het aangekondig dat waterlewering aan Lüderitz onder druk is nadat 'n groot lek op die dorp se toevoerlyn opgespoor is. Herstelwerk het reeds begin, maar toevoer na die reservoir is vanoggend afgeskakel en inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van NamWater, Lot Ndamanomhata, gepraat wat meer inligting gee.