SA se G20-presidentskap in 'mees kritieke stadium'

Loading player...
Die minister van Internasionale Betrekkinge, Ronald Lamola, sê Suid-Afrika se G20-presidentskap het sy mees kritieke fase betree namate voorbereidings vir die leiersberaad toeneem. Lamola sê onderhandelinge op ministeriële vlak sal deel wees van die Johannesburg-verklaring. Belangrike vergaderings wat voorlê, sluit in die G20 Ooreenkoms met Afrika in Johannesburg, 'n voedselsekerheidsessie in Kaïro, Egipte, en 'n industrialiseringsberaad in Abuja, Nigerië. Hy sê dié inklusiewe benadering versterk wêreldwye ekonomiese samewerking:
28 Aug 8AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

51% plaaslike eienaarskap in myne - het ons niks geleer?

'n Nuwe voorgestelde regeringsbeleid wat 51 persent plaaslike eienaarskap in mynbou-ondernemings vereis, het debat veroorsaak met kritici wat waarsku dat dit beleggers kan afskrik en Namibië se mededingendheid kan verswak. Hoewel dit daarop gemik is om plaaslike inwoners te bemagtig, word die uitspraak van die lynminister gesien as iets wat…
28 Aug 10AM 1 min

Verkrygingshersieningspaneel het 13 nuwe lede

Die finansminister het 15 individue aangestel in die Openbare Verkrygingshersieningspaneel vir 'n driejaartermyn, effektief vanaf 1 Oktober 2025 tot 30 September 2028. Van die 15 lede is 13 nuut aangestel. Die paneel is uiters belangrik in die tenderproses. Wilson Shikoto, woordvoerder van die ministerie, het verdere besonderhede met Kosmos 94.1…
28 Aug 10AM 1 min

Lae waterdruk in Lüderitz, pyplyn-lek word herstel

NamWater het aangekondig dat waterlewering aan Lüderitz onder druk is nadat 'n groot lek op die dorp se toevoerlyn opgespoor is. Herstelwerk het reeds begin, maar toevoer na die reservoir is vanoggend afgeskakel en inwoners word versoek om water spaarsamig te gebruik. Kosmos 94.1 Nuus het met die woordvoerder van…
28 Aug 9AM 1 min

Tweestaatoplossing 'al wat Gaza-oorlog sal stop'

Israeliese tenks het laat Woensdag na die Jabalia-gebied van Gaza-stad teruggetrek ná aanvalle op die stad, hoewel bombardemente op drie van die oostelike voorstede, Shejaia, Zeitoun en Sabra, voortgegaan het. Volgens die gesondheidsowerhede in Gaza het Israeliese aanvalle minstens 20 mense, waaronder 'n vierjarige meisie, oor die enklawe doodgemaak. Intussen…
28 Aug 9AM 1 min

Dis weer amnestie vir onwettige wapens

Dis weer Amnestie-maand in September en die Namibiese polisie bied die publiek ‘n geleentheid om onwettige wapens, ammunisie en meer in te handig sonder vrees vir vervolging. Die inisiatief sal môre van stapel gestuur word en begin amptelik op Maandag, 1 September. Kosmos 94.1 Nuus het met NamPol hoofinspekteur Elifas…
28 Aug 8AM 1 min