Die borgtog-verrigtinge van Cedric Willemse in die Namcor-korrupsiesaak het 'n onverwagte wending geneem in die Windhoek-landdroshof. Staatsaanklaer Basson Lilungwe sê dat die Staat Vrydag 'n aansoek sal indien dat landdros Jurina Hochobes, wat die borgtog-aansoeke sou aanhoor, haar onttrek. Hy het nie redes hiervoor gegee nie. Uitspraak in hierdie aansoek…
Nasionale polisiekommissaris Fannie Masemola sê diegene wat voordeel trek uit onbestendigheid teiken Afrika se groei en veerkragtigheid. Hy het tydens die 27ste Interpol Afrika-streekskonferensie in Kaapstad die behoefte beklemtoon aan sterker instellings, die deel van intelligensie en geïntegreerde wetsraamwerke. Masemola het die byeenkoms 'n geskiedkundige oomblik genoem en kragtige, samewerkende…
Die Voeding- en Voedselsekuriteitsalliansie van Namibië doen 'n beroep op 'n nasionale suikerbelasting as deel van sy breër strategie om die land se groeiende las van nie-oordraagbare siektes en wanvoeding aan te spreek. Die organisasie waarsku dat Namibië nou 'n "dubbele las" van wanvoeding en oorvoeding in die gesig staar,…
Namibia Fact Check het gewaarsku dat swak en onduidelike kommunikasie van regeringsamptenare dikwels lei tot openbare verwarring en onakkurate beriggewing, wat uiteindelik beide media-geloofwaardigheid en vertroue in staatsgeleide inisiatiewe skaad – veral op die gebied van bewaring. Namibia Fact Check-redakteur Frederico Links se opmerkings kom te midde van groeiende wêreldwye…
Die herrie blyk om los te wees na die verhoging in kragtariewe in die hoofstad. Terwyl Stad Windhoek volhou dat elektrisiteitstariewe slegs met 3,9 persent gestyg het, beweer sommige inwoners in buurte soos Kleine Kuppe, Pionierspark en Olympia dat hul jongste rekeninge stygings van tot 13,6 persent toon, wat vrae…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.