
Staat soek landdros-onttrekking in Namcor-borgaansoek
Loading player...
Die borgtog-verrigtinge van Cedric Willemse in die Namcor-korrupsiesaak het 'n onverwagte wending geneem in die Windhoek-landdroshof. Staatsaanklaer Basson Lilungwe sê dat die Staat Vrydag 'n aansoek sal indien dat landdros Jurina Hochobes, wat die borgtog-aansoeke sou aanhoor, haar onttrek. Hy het nie redes hiervoor gegee nie. Uitspraak in hierdie aansoek is vir 9 September geskeduleer, en die borgtog-aansoek is tot daardie datum uitgestel. Willemse se mede-beskuldigdes, Austin Elindi en Panduleni Hamukwaya, het nog nie formele borgtog-aansoeke ingedien nie. Willemse se prokureur, Boris Isaacks, het meer.