Woord vir Vandag - 5 Sep 2025

Loading player...
“…as ons gewete ons nie veroordeel nie, het ons vrymoedigheid om na God toe te gaan.” 1 Johannes 3:21 NLV

Doen altyd wat reg is

Wanneer jy wetend iets verkeerds doen, ervaar jy angs, stres en onsekerheid. ‘’Vir bose mense,’ sê die Here, ‘is daar geen vrede nie’’ (Jesaja 48:22 NLV). Wanneer jy ‘n plan van aksie kies wat onversoenbaar is met dit wat jy glo reg is, gee jy jou vrede prys. ‘n Persoon kan byvoorbeeld ‘n werk of plig aanvaar wat hulle dwing om iets teen hul geestelike oortuigings te doen, iets wat hul gewete skend. Talle mense was al in die situase waar hulle waardes gekompromitteer word, sodat hulle bevordering kan kry of ander voordele kan behaal. Vir hulle het dit destyds na hul enigste opsie gelyk. ‘Dit kan lyk of ‘n mens reg lewe. Agterna gesien is dit die pad van die dood’ (Spreuke 16:25 NLV). Dis wanneer ‘n sterk geestelike fondament nodig is. Dit verg geloof en moed om jou oortuigings toe te laat om jou gedrag en jou keuses te rig. Die waarheid is dat God op die ou einde vir jou bevordering verantwoordelik is. Sy Woord sê: ‘Want uit die ooste of weste of selfs uit die woestyn, kom daar geen verheffing nie. Maar God is die regter wat verneder of verhef’ (Psalm 75:7-8 NLV). Moenie dink dat jy uit jou eie krag reg kan optree nie. Soms is die versoeking om te manipuleer of te jok sodat jy jou loopbaan kan bevorder, net te veel om te weerstaan. Dis dan wanneer jy God se krag nodig het. Dawid het gesê: ‘…Die Here is my lewenstoevlug. Vir wie sal ek dan bang wees?’ (Psalm 27:1 NLV). Bid die volgende: ‘Vader, bewaar my asseblief dat ek nie in versoeking kom nie en verlos my van die Bose. Help my om te doen wat reg is.’
27 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min