Woord vir Vandag - 4 Sep 2025
Loading player...
“Jy moet die lewe geniet saam met die vrou vir wie jy lief is. Jy moet elke dag van jou lewe geniet…” Prediker 9:9 ABA
Hulp vir jou huwelik
Die volgende definisie van liefde en die huwelik is ‘n beproefde formule wat moeilik sal wees om op te verbeter: ‘Liefde is vriendskap wat vlam gevat het. Dit is stille begrip, wedersydse vertroue en vergifnis. Dis lojaliteit deur goeie en slegte tye. Dit is tevrede met minder as volmaaktheid en maak voorsiening vir menslike swakheid. Liefde is tevrede met die hede, hoop vir die toekoms en weier om oor die verlede te tob. Dit is dag na dag se irritasies, probleme, kompromieë, klein teleurstellings, groot oorwinnings en saamwerk na gemeenskaplike doelwitte. As jy liefde in jou lewe het, kan dit vergoed vir baie dinge wat jy kort.’ Die Bybel sê: ‘Jy moet die lewe geniet saam met die vrou vir wie jy lief is. Jy moet elke dag van jou lewe geniet… Dit is God wat vir jou elke dag gee… want dít is wat jy kry terwyl jy lewe en hard werk in hierdie wêreld.’ As jy jou huwelik wil laat werk, moet jy hierdie vyf reëls volg: 1) Moet nooit albei op een slag kwaad wees nie en moet nooit skree nie - tensy die huis aan die brand is. 2) Gee teenoor mekaar toe. As jy moet kies om jouself of jou maat goed te laat lyk - kies altyd jou maat. 3) Verwaarloos eerder die hele wêreld as mekaar en moet nooit ‘n dag eindig sonder om ten minste een kompliment vir die een vir wie jy lief is, te gee nie. 4) Verwelkom mekaar altyd met liefde en moet nooit kwaad bed toe gaan nie. 5) Wanneer jy ‘n fout maak, erken dit en vra om vergifnis. Aangesien God met die idee van die huwelik vorendag gekom het, bid en vra Hom vir hulp met joune. Hy sal dit doen!