Woord vir Vandag - 3 Sep 2025
Loading player...
“…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur.” Jeremia 1:12 NLV
Die Woord aan die werk
Martin Luther het oor die krag agter die Hervorming gesê: ‘Ek het eenvoudig onderrig, gepreek en God se Woord geskryf; ek het niks anders gedoen nie. Die Woord het dit alles gedoen.’ Later, toe Luther oor sy predikingsfilosofie uitgevra is, het hy bygevoeg: ‘Ek het net die Bybel in die gemeente in gegooi en die Woord het die werk gedoen!’ Ons kan baie met ons woorde bereik. Wanneer ons byvoorbeeld iets per telefoon bestel, word ‘n ketting van gebeure aan die gang gesit en mettertyd word dit wat ons bestel het, afgelewer. Woorde veroorsaak aksie. Dit is veral waar wanneer dit by God se woorde kom. Hy het gesê: ‘…Ek staan gereed om te doen wat Ek gesê het gaan gebeur.’ God werk deur sy woorde. Kyk na die volgende woorde: ‘Maar Ek bevestig die woorde van my profete… wanneer hulle van Jerusalem sê: ‘Dit sal herbou word,’ en van die stede van Juda: ‘Hulle sal opgebou word.’… Wanneer Ek vir die see sê: ‘Droog op!’... Vir die tempel sal hy sê: ‘Die fondamente moet herstel word’’ (Jesaja 44:26-28 NLV). Dinge gebeur wanneer God praat en dinge gebeur wanneer mense die woorde wat God reeds gesê het, praat. Wonderbaarlike dinge gebeur in diegene wat ontvang wat God sê, naamlik: ‘…Gód se woord. Dié woord is aan die werk in julle wat glo’ (1 Tessalonisense 2:13 NLV). God se Woord verfris ons, genees ons, gee ons wysheid en onderskeidingsvermoë, bring vir ons vreugde en blywende hoop deur ons geestelik gesond te maak, verhoed dwaasheid en waarsku ons van naderende gevaar en beloof beide aardse en hemelse belonings, wanneer ons sy beginsels gehoorsaam.