Woord vir Vandag - 2 Sep 2025

Loading player...
“…Hy het volgehou…” Hebreërs 11:27 NLV

Jy het te ver gekom om nou op te gee!

V. Raymond Edman het gesê: ‘Om deur eksterne kragte verskeur te word en steeds ‘n mens se innerlike integriteit te bewaar, is om dissipline te handhaaf wat blywend is.’ Wanneer jy dus teenstand ondervind, gooi jy outomaties die handdoek in, of hou jy, soos Moses, vol? Chuck Swindoll karakteriseer Moses as ‘n man: ‘wat geweier het om in te gee of op te gee, wat besluit het dat niks hom sou oortuig om oor te gee nie. Hy het die veragting van farao, die hardkoppigheid van die Hebreërs wat gemor, verwyt, gekla en in opstand gekom het en die kritiek van Mirjam en Aäron, sy eie suster en broer, verduur. Toe tien van die twaalf spioene terugkom en sê dat hulle nie die Beloofde Land moet binnegaan nie, het Moses vasgestaan. Toe Korag en Datan en Abiram ‘n sameswering teen hom gevoer het, het Moses vasbeslote gebly. ‘…na die hele geveg verby is, sal julle nog vas staan’ (Efesiërs 6:13 NLV). Wanneer dit lyk of die goddeloses besig is om te wen, in tye van krisis, wanneer niemand sal weet dat jy verkeerd optree nie, wanneer volwassenes minagtend is en kleinlik optree - staan vas, hou vol, verduur! Moenie wankelrig raak of na jou kritici begin luister nie. Moenie in klein areas begin toegee omdat jy moeg is nie. Moses het volgehou – tot die einde van sy lewe. Hoe het hy dit gedoen? Deur op God te fokus. Hy het sy hart en siel op die Een wat regverdig oordeel, gevestig. Hy het homself voortdurend daaraan herinner dat sy enigste doel was om Hom te behaag, te gehoorsaam en te verheerlik en om ten alle koste sy goedkeuring te verkry.’ Wat jy ook al in die gesig staar, staan sterk en moenie moed opgee nie!
27 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 30 Sep 2025

“ons word vervolg, maar nie in die steek gelaat nie; platgeslaan, maar nie vernietig nie.” 2 Korintiërs 4:9 NLV Staan op en hou aan! (1) Navorsers aan die Universiteit van Pennsylvania sê vir ons dat ‘n sleutelteken van sukses nie talent, ‘n titel, rykdom of ‘n goeie voorkoms is nie…
5 Sep 2 min

Word for Today - 30 Sep 2025

“We get knocked down, but we get up again and keep going.” 2 Corinthians 4:9 TLB Get back up and keep going! (1) Researchers at the University of Pennsylvania tell us that a key predictor of success isn’t talent, title, wealth, or good looks. It’s the ability to work hard…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 29 Sep 2025

“Iemand wat… weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?” 1 Johannes 3:17 NLV Bewys dit! Tim Hansel vertel van ‘n kweekskoolprofessor wat sy homiletiekklas (preekkunsklas) op ‘n ongewone manier aangebied het. Elke student moes ‘n…
5 Sep 2 min

Word for Today - 29 Sep 2025

“If anyone…sees a brother or sister in need but has no pity on them, how can the love of God be in that person?” 1 John 3:17 NIV Show it! Author Tim Hansel tells about a seminary professor who set up his homiletics class in an unusual way. Each student…
5 Sep 2 min

Woord vir Vandag - 28 Sep 2025

“Help ander gelowiges wat swaarkry, en gee só uitvoering aan Christus se liefdeswet.” Galasiërs 6:2 NLV Wees daar wanneer jy benodig word Oor die algemeen kan ons gaan waarheen ons wil en doen wat ons wil wanneer ons jonk, gesond en bekwaam is. Soos die gesegde sê: ‘Die wêreld is…
5 Sep 2 min