Woord vir Vandag - 1 Sep 2025
Loading player...
“Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê…” 1 Petrus 4:8 NLV
Oorkom eensaamheid
Jy hoef nie alleen te wees om eensaam te wees nie. Sommige van ons is met emosioneel afwesige eggenote getroud. Sommige van ons verduur verbale en emosionele mishandeling omdat ons iemand se geselskap bo ons eie verkies. Van die eensaamste mense wat daar is, sal jy in stampvol kroeë ontmoet. Hulle mag dalk geselskap opsoek, maar daar is geen verbintenis met ander mense nie. Wat is die antwoord? 1) Raak betrokke by ‘n saak wat groter as jou selfbelang is. Nadat die Verlore Seun sy laaste geld op partytjies saam met sy sogenaamde vriende spandeer het, het hulle hom agtergelaat en hy het alleen in ‘n varkhok opgeëindig. In teenstelling daarmee, toe die dissipels as gevolg van hulle geloof vervolg is, het hulle: ‘Toe hulle losgelaat is… dadelik die ander gelowiges opgesoek…’ (Handelinge 4:23 NLV). Hulle het vriende gehad wat hulle geloof en visie gedeel het, wat geweet het hoe om saam met hulle te bid, hulle te versterk en by hulle te staan. God het sulke mense wat regstaan om deel van jou lewe te word; jy sal sommige van hulle in jou plaaslike kerk vind. 2) Oefen om ander mense te aanvaar. Wanneer jy mense net soos hulle is aanvaar en liefhet, word hulle na jou toe aangetrek. ‘Die belangrikste van alles is dat julle mekaar onselfsugtig moet liefhê… Sulke liefde maak baie sondes toe’ (1 Petrus 4:8 NLV). 3) Reik uit. Begin om jou verhoudings te koester deur meer gereeld met die mense wat jy ken en waardeer, te skakel. Moenie in die Facebook/e-pos/teksboodskap-kommunikasievakuum ingesuig word nie. Die stigter van Wired Magazine sê dat sy gunsteling vorm van kommunikasie van aangesig tot aangesig is, sy tweede per telefoon en sy derde via die internet is. Volg sy voorbeeld.