Woord vir Vandag - 27 Aug 2025
Loading player...
“Dit is die dag wat die Here gemaak het. Laat ons daaroor juig en bly wees.” Psalm 118:24 NLV
Net vir vandag
Wanneer dit moeilik gaan en jy in die versoeking kom om oor jou lot in die lewe te kla, stop en herinner jouself dat vandag ‘n gawe van God is, een wat jy nooit weer sal oorhê nie. Dink aan die volgende woorde wat jou sal help: Net vir vandag sal ek elke uur ten volle ervaar en geniet en nie al my probleme op een slag probeer oplos nie. Net vir vandag sal ek my kennis probeer verbreed deur iets nuuts te leer; ek sal iets lees wat inspanning, dinkwerk, konsentrasie en toewyding verg. Net vir vandag sal ek aangenaam wees. Ek sal probeer om op my beste te lyk, sag te praat en hoflik en bedagsaam teenoor ander te wees. Net vir vandag sal ek nie probeer foutvind of enigiemand anders as myself probeer verbeter nie. Net vir vandag sal ek ‘n plan en ‘n doelwit hê. Ek sal dit dalk nie presies volg nie, maar ek sal nietemin een hê. Deur dit te doen, sal ek myself van twee vyande - haas en besluiteloosheid – red. Net vir vandag sal ek my karakter ontwikkel. Ek sal iets goeds doen en dit vir myself hou; as enigiemand daarvan uitvind, tel dit nie. Net vir vandag sal ek iets doen waarvoor ek nie lus is nie. Sodoende sal ek my gees oefen om my vlees te oorheers en my wil om my emosies te oorheers. Net vir vandag sal ek nie bang wees om lief te hê of te waag nie; ek sal poog om al God se seëninge te geniet en glo dat elke saad wat ek in sy koninkryk saai, vermenigvuldig na my toe sal terugkom. Dis hoe ek sal lewe – net vir vandag!