
Kieserregistrasie het nie goeie opkoms gehad nie
Loading player...
Die aanvullende kiesersregistrasie vir die plaaslike owerheid-verkiesings is van 4 tot 19 Augustus gehou, met minder wat geregistreer het as wat verwag is, in terme van die hoeveelheid jeugdiges wat 18 geword het sedert die laaste algemene verkiesing. Die Verkiesingskommissie sê tussen 4 en 10 Augustus het 19 359 kwalifiserende kiesers landwyd geregistreer. Sommige politieke partye sê die registrasietyd was te kort en nie alle voornemende kiesers kon by registrasiepunte uitkom nie. Kosmos 94.1 Nuus het met die LPM-jeugleier Duminga Ndala gepraat vir kommentaar.