Numsa beding met groot sukses in motorbedryf

Loading player...
Die vakbond Numsa het vir die voertuigsektor ʼn loonooreenkoms vir die volgende drie jaar onderteken wat bo inflasie is. Dit dek 300 000 werkers wat onder die bedingingsraad vir die motorbedryf val. In die eerste jaar ontvang werkers ʼn loonverhoging van 6 persent en in die tweede en derde jaar ʼn verhoging van 5 persent. Numsa-woordvoerder, Phakamile Hlubi-Majola, sê hulle het vir die eerste keer ook voordele vir basiese gesondheidsorg beding vir werkers by motorhawens in die sektor:
25 Aug 3AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Dit brand in Bwabwata Nasionale Park, lodges nog veilig

Veldbrande het in die Bwabwata Nasionale Park uitgebreek, veral noord en oos van die Divundu-Kongolo-snelweg, met berigte wat daarop dui dat die brande verder na naburige Angola versprei. 'n Sterk noordwestelike wind stoot rook af na die Kavango-streek, maar daar is tans geen onmiddellike gevaar vir toeriste-lodges in die gebied…
25 Aug 10AM 1 min

IPC brei uit in sy kritiek op Katima raadsontbinding

Die IPC beskuldig Swapo daarvan dat hulle die ontbinding van die Katima Mulilo-stadsraad gebruik om die opposisie te verswak voor November se verkiesings. Die IPC se streekkoördineerder, Elvis Lizazi, het die stap ongrondwetlik genoem en gesê Swapo betrek ander partye by sy korrupsieskandale. Die minister van stedelike en landelike ontwikkeling,…
25 Aug 10AM 1 min

NNN se eerste Heldedag-hoofrede lê voor

Die inligtingsministerie verwag dat sowat 20 000 mense vanjaar se Heldedag-herdenking môre in die Zambezi-streek sal bywoon. Die tussentydse uitvoerende direkteur van die ministerie, Linda Aipinge-Nakale, sê president Netumbo Nandi-Ndaitwah sal die hoofrede lewer. Dit sal Nandi-Ndaitwah se eerste Heldedag-herdenking as president van Namibië wees, het Aipinge-Nakale aan die media…
25 Aug 10AM 1 min

China kry Chenin Blanc-bederfie

Die 2025 Chenin Blanc-uitdaging se toptien-wenners is aangekondig en word later vanjaar op ProWine Shanghai in China vertoon. Stellenbosch oorheers weer en spog met vier van die tien inskrywings. Boonop is drie van die vier van Stellenrust Wines, wat die gereeldste wenners in die kompetisie is. Standard Bank, wat die…
25 Aug 10AM 1 min

Loterykommissie kort dringend nuwe voorsitter: DA

Die DA maan die minister van Handel, Nywerheid en Mededinging, Parks Tau, om dringend ʼn nuwe voorsitter vir die Nasionale Loterykommissie aan te stel. Dit volg na die bedanking van Barney Pityana. ʼn DA-woordvoerder, Toby Chance, sê die minister moenie sy voorganger, Ebrahim Patel wat 18 maande gevat het om…
25 Aug 9AM 1 min