
Rusland het aansienlike toegewings gemaak - Vance
Loading player...
Amerika se visepresident, JD Vance, sê Rusland het aansienlike toegewings gemaak in samesprekings om sy oorlog teen Oekraïne te beëindig. Rusland se minister van buitelandse sake, Sergey Lavrov, het volgehou dat enige veiligheidswaarborge aan Oekraïne, ook Rusland en sy grootste bondgenoot, China moet betrek, sowel as die VSA, die Verenigde Koninkryk en Frankryk. Vance het in 'n onderhoud met NBC gesê nóg sanksies kan teen Rusland ingestel word om die Kremlin te laat instem tot vrede, maar daardie besluite sal wissel van geval tot geval: