
Verontwaardiging met 3,9% verhoging in Whk-krag
Loading player...
Inwoners van Windhoek staar 'n elektrisiteitstariefverhoging van 3,9% in die gesig wat vanaf 1 Augustus 2025 in werking tree – te midde van toenemende verontwaardiging oor bewerings van geheime goedkeurings, oordadige reistoelaes en 'n gebrek aan openbare konsultasie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van aktivis Shaun Gariseb.