Rioolkrisis dreig in Mitchellsplein

Loading player...
Die Stad Kaapstad bied 'n beloning van tot 100 000 rand aan vir inligting oor die vandalisme by die Swartklippad pompstasie in Tafelsig. Misdadigers het toerusting vernietig nadat onwettige elektriese verbindings ontkoppel is, wat die pompe onbruikbaar gelaat het. Die burgemeesterskomiteelid vir water en sanitasie, Zahid Badroodien, sê duisende inwoners van Mitchellsplein loop die gevaar van riooloorstromings:
24 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Verontwaardiging met 3,9% verhoging in Whk-krag

Inwoners van Windhoek staar 'n elektrisiteitstariefverhoging van 3,9% in die gesig wat vanaf 1 Augustus 2025 in werking tree – te midde van toenemende verontwaardiging oor bewerings van geheime goedkeurings, oordadige reistoelaes en 'n gebrek aan openbare konsultasie. Kosmos 94.1 Nuus het reaksie ontvang van aktivis Shaun Gariseb.
24 Aug 11PM 1 min

Meer SA-vroue dobbel om inkomste aan te vul

Kenners waarsku teen 'n toenemende finansiële risiko nadat 'n 2025 Old Mutual Spaar- en Beleggingsmonitor onthul het dat meer vroue dobbel om hul inkomste aan te vul. Die opname het bevind dat 46 persent van werkende vroue dobbel, met 52 persent wat dit doen vir ekstra inkomste. Baie vroue, veral…
24 Aug 11PM 1 min

Vier sindikate by Tembisa-skandaal betrek

Die Spesiale Ondersoekeenheid het meer as 100 amptenare in vier sindikate onthul wat betrek word by korrupsie in die Tembisa-hospitaal. Die deurbraak spruit uit 'n driejaar lange ondersoek na inligting verskaf deur die vermoorde fluitjieblaser Babita Diokaran, wat in 2021 doodgeskiet is nadat sy onreëlmatighede blootgelê het. Haar familie sê…
24 Aug 6AM 1 min

Rampahosa, Europese leiers bespreek Oekraïne

President Cyril Ramaphosa het pogings om die Rusland-Oekraïne-konflik te beëindig met verskeie Europese leiers bespreek. Hy het met die Oekraïnse president Volodymyr Zelensky, die Franse president Emmanuel Macron en die Finse president Alexander Stubb gesels. Dit volg na inligtingsessies deur die Russiese president Vladimir Putin. Presidensiële woordvoerder Vincent Magwenya sê…
24 Aug 5AM 1 min

Digitale platform vergemaklik handel

'n Digitale platform wat uitvoerders en invoerders in staat stel om handelsverwante struikelblokke wat by grensposte en ander handelspunte teëgekom word direk aan die betrokke owerhede aan te meld, is bekendgestel. Die Namibiese Handelsforum het, in samewerking met die handelministerie en die Internasionale Handelsentrum, die Handelshindernis-waarskuwingsmeganisme van stapel gestuur. Die…
24 Aug 4AM 1 min