Wiele2Wiele ry Jaecoo se J7 SHS

Loading player...
Hierdie week op Wiele2Wiele stel Volvo die nuwe EX30 Cross Country bekend. Hulle neem jou saam op ’n Toyota ‘Roots to Routes’-geskiedenisreis en spandeer tyd met die Jaecoo J7 SHS. Verder gesels hulle oor die regte bandkeuses vir jou 4x4-voertuig en raak nostalgies oor 2Wiele met die Suzuki GSX-750 SRAD.
22 Aug Afrikaans South Africa Automotive

Other recent episodes

Wiele2Wiele ry met twee BMW’s

Hierdie week gaan ry Wiele2Wiele ’n draai met BMW se 118 en sy wilde boetie, die M235. BYD het sy splinternuwe Dolphin Surf  bekendgestel - tans die bekostigbaarste elektriese motor in Suid-Afrika.  Ons deel praktiese raad oor ‘run-flat’-bande en gesels oor die indrukwekkende BMW R 1300 GS Adventure-motorfiets.
26 Sep 25 min

Wiele2Wiele ry Audi se A3-sedan

Hierdie week vir Wiele2Wiele vier Toyota sy Hilux se ryke geskiedenis in Suid-Afrika met die bekendstelling van die Hilux Legend 55. Vir die padtoets van die week klim die span agter die stuur van die Audi A3 sedan in. Daarna kyk hulle terug na die naweek se motorsport-aksie met die…
19 Sep 24 min

Wiele2Wiele: Mazda, Volvo en Audi onder die loep

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele was daar drie padtoetse: die Mazda CX-30 wat propvol standaardspesifikasies is, die Volvo C40 Recharge wat die koppe laat draai en die Audi Q8 55 TFSI Black Edition met sy treffende swart afwerkings. Verder gee hulle raad oor hoe jy jou swaarvoertuiglisensie kan…
13 Sep 25 min

Wiele2Wiele ry met Audi RS Q8

Hierdie week gaan speel Wiele2Wiele met die Audi RS Q8 - is dit ’n sportmotor of ’n familiemotor? Hulle spandeer ook tyd met die handratmodel van Volkswagen se T-Cross en is aangeneem verras. Volkswagen het ook sy splinternuwe Tayron bekendgestel. Hy is as ’n sewesitplek beskikbaar teen ’n bekostigbare prys,…
5 Sep 25 min

Wiele2Wiele ervaar nuwe MG3

Hierdie week op Wiele2Wiele ervaar hulle die splinternuwe MG3, ’n kompakte luikrug wat beslis aandag gaan trek. Hulle bring ook tyd met die Chery Tiggo 7 CHS deur.
29 Aug 26 min