Uiters goeie pryse by Namibia Genetics-veiling behaal

Loading player...
Die 2025 Namibia Genetics-veiling, wat Dinsdag by die Bank Windhoek Agra Ring in Windhoek gehou is, het uitstekende pryse behaal. Die geleentheid, geborg deur Bank Windhoek en aangebied in vennootskap met Agra Veilings, wat ook aanlyn uitgesaai is, het die verkoop van 92 beeste van 14 telers gesien. Daar is 43 bulle verkoop. Paul Klein van Agra Veilings sê die diere was van uitstaande gehalte. Hy het meer.
22 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Swapo-lede dink hulle's onaantasbaar: Sankwasa

Die stedelike ontwikkelingsminister James Sankwasa, het inwoners van Katima Mulilo aangespoor om verantwoordelik in die komende verkiesings te stem, en beklemtoon dat hoewel alle politieke partye ontwikkeling belowe, lewering dikwels tekortskiet. Sankwasa het by die Ngweze-gemeenskapsaal gepraat en Swapo-partylede gekritiseer wat optree asof hulle onaantasbaar is.
22 Aug 8AM 1 min

Putin kan nie vertrou word, waarsku Europese Kommissie

Die vise-president van die Europese Kommissie, Kaja Kallas, waarsku die Russiese president, Vladimir Putin, kan nie vertrou word om enige belofte of ooreenkoms te eerbiedig nie. Die Amerikaanse president, Donald Trump, se spesiale gesant, Steve Witkoff, het vroeër die week bevestig Putin het ingestem om Amerika toe te laat om…
22 Aug 8AM 1 min

Maureen Hinda-Mbuende nou in Namcor hoë stoel

Die Namcor-raad het voormalige adjunkminister van finansies, Maureen Hinda-Mbuende, as tussentydse besturende direkteur aangestel, met ingang Maandag 25 Augustus, vir 'n tydperk van ses maande. Haar aanstelling volg op 'n aanbeveling van die regering as aandeelhouer. Namcor-woordvoerder Utaara Hoveka het meer.
22 Aug 8AM 1 min

Optrede teen 'onwettige' buitelanders wek kommer

Die parlementêre portefeuljekomitee oor Gesondheid se voorsitter, Sibongiseni Dhlomo, sê Suid-Afrika se kommer oor onwettige buitelanders kan nie geïgnoreer word nie. Organisasies soos Operasie Dudula en March to March het veral in Gauteng en KwaZulu-Natal, buitelanders wat volgens hulle onwettig is, uit staatsgesondheidsentrums verwyder. Dhlomo sê mense sonder dokumentasie is…
22 Aug 8AM 1 min

Substandaard toerusting, foutiewe instellings lei tot swak opvangs

MTC het 'n opgradering van die landelike internet-netwerk van stapel gestuur met die naam Project Buffalo, nadat hulle meer as 2 000-kilometer oor Outapi, Oshakati, Rundu en Katima Mulilo geoudit het. Die oudit met vennoot Huawei het bevind dat swak toringplasing, lae antennas, beperkte 4G/LTE en verkeerd ingestelde toerusting die…
22 Aug 6AM 1 min