
Kenner lê veldbrand-gevare in streek uit
Loading player...
Veldbrande in Suid-Afrika neem toe as gevolg van klimaatsverandering en bogemiddelde reënval, wat plaaskoste en voedselpryse kan verhoog. Dawie Maree van FNB Landbou in die buurland waarsku dat vleis die grootste risiko loop, aangesien brande weiding en voer vernietig, wat druk op reeds hoë voedselinflasie plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met landboukenner dr. Kobus Laubscher gepraat oor die moontlike impak hiervan op die Suider-Afrika streek en Namibië.