
Afrika soek vennote nie hulp, sê Cyril
Loading player...
President Cyril Ramaphosa sê die onlangse tariewe wat Amerika op goedere uit Afrika gehef het, het die noodsaaklikheid van uiteenlopende uitvoermarkte gewys. Hy het die negende Internasionale Konferensie oor Ontwikkeling in Afrika in Tokio, Japan, toegespreek. Japan is een van die hoofbeleggers in die Suid-Afrikaanse ekonomie en die bilaterale handel tussen die twee lande was verlede jaar 132-miljard-rand. Ramaphosa sê die Afrika-vryhandelgebied kan 'n platform wees vanwaar Japanese en ander globale maatskappye na die vasteland kan uitvoer: