
Val in beesvleisuitvoere 'wys swakhede in ekonomie uit'
Loading player...
Simonis Storm sê die ineenstorting van beesvleisuitvoere in die eerste helfte van 2025 is een van die beduidendste ekonomiese skokke wat Namibië die afgelope paar jaar ervaar het. Die firma sê die inkrimping weerspieël binnelandse dinamika - die biologiese noodsaaklikheid van kuddeherbou na jare van droogte, vererger deur bewegingsbeperkings wat verband hou met knopvelsiekte. Maar die gevolge raak landelike lewensbestaan, BBP, handelsvloei, inflasiedinamika en fiskale balanse. Dit lê ook strukturele swakhede in Namibië se ekonomiese model bloot, soos Max Rix, hoof van beleggings by Simonis Storm aan Kosmos 94.1 Nuus verduidelik.