
Vervolg topbestuur vir Life Esidimeni-tragedie, sê VF+
Loading player...
Die Vryheidsfront Plus sê dit sal 'n ernstige onreg wees as die gewese Gauteng LUR van Gesondheid, Qedani Mahlangu, en gewese direkteur van geestelike gesondheid, Makgabo Manamela, nie verantwoordelik gehou word vir die Life Esidimeni-tragedie nie. Meer as 140 psigiatriese pasiënte het in 2016 gesterf nadat hulle van die Life Esidimeni-fasiliteit na swak toegeruste staatshospitale en nie-regeringsoranisasies verskuif is. Philip van Staden van die Vryheidsfront Plus sê hy neem kennis van die regsmening wat aanbeveel Mahlangu en Manamela moet vervolg word: