Woord vir Vandag - 24 Aug 2025

Loading player...
“Almal wat aanhou oorwin, sal hierdie dinge erf…” Openbaring 21:7 NLV
Geroep om te oorwin (1)
‘n Pastoor skryf: ‘Almal van ons wil hê dat elke dag ‘n goeie dag moet wees. As elke dag egter ‘n goeie dag was, sou daar geen ‘goeie’ dae wees nie, want daar sou geen slegte dae wees om die goeie dae mee te vergelyk nie. Siekte help ons om gesondheid te waardeer. Mislukking help ons om sukses te waardeer. Skuld help ons om rykdom te waardeer. Die moeilike tye help ons om die goeie tye te
waardeer. Teëspoed is dikwels die saadbedding van geleenthede, omdat dit ‘n manier het om die beste in ons na vore te bring. Teëspoed is dikwels ‘n bedekte seën. Ons droom van geen swaartekrag. Ons stel ons voor hoe die lewe sonder enige probleme of uitdagings sou wees. Vanuit ‘n biologiese perspektief is geen swaartekrag egter gevaarlik vir jou gesondheid. Ruimtevaarders wat tyd in die
ruimte met geen swaartekrag deurbring, ervaar ernstige mediese komplikasies. Sonder enige weerstand, verloor hulle spiermassa en beendigtheid, hulle ervaar hoë polsslag en hartkloppings en hulle kan skaars loop wanneer hulle weer die aarde se atmosfeer binnedring. Ons droom dalk van
geen swaartekrag wat teëspoed voortbring, maar wat ons regtig nodig het, is ‘n gesonde dosis teëspoed. Die mense wat God die meeste kan gebruik, is dikwels die mense wat die meeste teëspoed ervaar het. Dit is nie noodwendig wat jy wil hoor nie, maar dit is die waarheid. Teëspoed kan ‘n groter vermoë om God te dien voortbring.’ Teëspoed veroorsaak dat ons na God draai, op Hom steun, Hom soek en Hom leer ken op ‘n manier wat ons nie andersins sou nie. Die Bybel sê: ‘…Dié wat in hulle God glo, sal egter sterk staan en doen wat reg is’ (Daniël 11:32 NLV).
23 Aug 2025 English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 May 2026

“I am with you always.” Matthew 28:20 NKJV Today God is “with you” To have a personal relationship with someone, there must be two-way communication. Even the most uncommunicative husband has to grunt every once in a while, or it isn’t a marriage—it’s a monologue. So, the Lord being with…
22 Apr 1 min

Woord vir Vandag - 31 Mei 2026

“…Ek is vir altyd by julle…” Matteus 28:20 NLV God is vandag ‘by jou’ Om ‘n persoonlike verhouding met iemand te hê, moet daar tweerigtingkommunikasie wees. Selfs die mees in homself gekeerde man moet elke nou en dan instemmend grom, anders is dit nie ‘n huwelik nie - dis ‘n…
22 Apr 1 min

Word for Today - 30 May 2026

“God speaketh…in a dream, in a vision of the night.” Job 33:14-15 KJV Ask God for a dream Job the patriarch said: “For God may speak in one way, or in another, yet man does not perceive it. In a dream, in a vision of the night…while slumbering on their…
22 Apr 2 min

Woord vir Vandag - 30 Mei 2026

“Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense diep slaap.” Job 33:15 NLV Vra God vir ‘n droom Die patriarg Job het gesê: ‘Maar God praat op verskillende maniere. Ons kom dit net nie agter nie. Hy praat deur drome en visioene, in die nag wanneer mense…
22 Apr 2 min

Word for Today - 29 May 2026

“That I myself may be in them.” John 17:26 NIV God is working in you, with you, and through you Just before He was arrested and taken to the cross, Jesus prayed: “[Father], I have made you known to them, and will continue to make you known in order that…
22 Apr 2 min