Shanghala beweer noodsaaklike dokumente is versteek

Loading player...
Voormalige minister van justisie en Fishrot-beskuldigde Sacky Shanghala het vandag aan die hof gesê dat dokumente wat die aankoop van Swapo-partybaadjies vir die 2019-nasionale verkiesings uiteensit, uit sy woning vermis geraak het en nie in die bewaring van die prokureur-generaal is nie. Shanghala het aangevoer dat hierdie dokumente, tesame met ander rekords wat hy beweer verdwyn het, noodsaaklik is vir die voorbereiding van sy verdediging in die Fishrot-verhoor.
21 Aug 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Hookah-pype, damprook moet gereguleer word: aktivis

Die groeiende tendens van damprook en hookah-gebruik onder Namibiese jeug bly 'n bron van kommer onder gemeenskappe. Daar word gesê dat die gebruik van damprook so algemeen geword het dat dit maklik toeganklik is vir skoolgaande leerders. Die aktivis Linda Baumann waarsku dat hoewel damprook as nuwerwets beskou word, dit…
21 Aug 9AM 1 min

SA se 3,5% inflasie maak Giwusa bekommerd

Die nywerheidsvakbond Giwusa sê hy is uiters bekommerd oor die jongste verslag rakende die inflasiesyfer van 3,5-persent - die hoogste in tien maande. Giwusa se president, Mametlwe Sebei, sê hierdie styging is 'n grafiese voorbeeld van hoe inflasie 'n simptoom is van die diepgewortelde strukturele mislukkings van die rasgedrewe, monopolistiese…
21 Aug 9AM 1 min

Nuwe Beplanningskommissie kry sy opdragte

Die nuut aangestelde kommissarisse van die Nasionale Beplanningskommissie is opdrag gegee om die regering van grondige beleidsadvies en navorsing te voorsien wat sal verseker dat Namibië sy ontwikkelingsdoelwitte bereik. Die 19 kommissarisse moet fokus op die ontwikkeling van landbouwaardekettings, landbouverwerking en -vervaardiging; groenwaterstof, olie en gas; die kernbedryf, mynbou, toerisme…
21 Aug 8AM 1 min

Vervolg topbestuur vir Life Esidimeni-tragedie, sê VF+

Die Vryheidsfront Plus sê dit sal 'n ernstige onreg wees as die gewese Gauteng LUR van Gesondheid, Qedani Mahlangu, en gewese direkteur van geestelike gesondheid, Makgabo Manamela, nie verantwoordelik gehou word vir die Life Esidimeni-tragedie nie. Meer as 140 psigiatriese pasiënte het in 2016 gesterf nadat hulle van die Life…
21 Aug 8AM 1 min