
Besighede moet 5-sente aanvaar, dis geld: BoN
Loading player...
Die 5-sent-muntstuk is terug in die nuus nadat die Bank van Namibië herbevestig het dat dit steeds ‘n wettige betaalmiddel is, al het produksie in 2019 gestaak. Die bank het 'n waarskuwing aan besighede uitgereik en verklaar dat dit teen die wet is om te weier om die muntstuk te aanvaar. Sencia Kaizemi-Rukata, die direkteur vir valutabestuur en bankbedrywighede by die sentrale bank, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.