Woord vir Vandag - 21 Aug 2025

Loading player...
“Sy het haar allerbeste vir My gedoen…” Markus 14:8 NLV
Bewys barmhartigheid‘Tydens die ete kom daar ‘n vrou in met ‘n albaste fles vol egte, baie duur aromatiese olie. Sy breek toe die seël van die fles en gooi die olie oor Jesus se kop uit. Sommige van dié wat saam aan tafel was,
was verontwaardig daaroor: ‘Hoekom hierdie verkwisting van duur olie?’ het hulle gesê. ‘Sy kon dit vir ‘n yslike bedrag verkoop het en die geld vir die armes gegee het.’ En hulle het haar uitgetrap. Jesus het hulle egter geantwoord: ‘Laat haar met rus! Waarom maak julle dit vir haar so moeilik?.. Sy het haar allerbeste vir My gedoen. Sy het my liggaam vooruit gesalf vir my begrafnis. Ek verseker julle,
waar hierdie Goeie Nuus ook al oor die hele wêreld verkondig sal word, sal daar ook gepraat word van wat sy gedoen het, en so sal sy vir altyd onthou word!’’ (verse 3-6, 8-9 NLV). Let twee dinge op wat Jesus oor hierdie vrou gesê het. 1) ‘Sy het haar allerbeste vir My gedoen’ (vers 8 NLV). Dit is ‘n teregwysing vir die trots in elkeen van ons. Ons dink as ander mense nie gaan sien dat ons iets groots
doen nie, doen ons eerder niks. Moeder Teresa het glo gesê: ‘Ons kan nie almal groot dinge doen nie, maar ons kan almal klein dingetjies met groot liefde doen.’ 2) ‘So sal sy vir altyd onthou word!’ (vers 9 NLV). Tweeduisend jaar later praat ons steeds van haar nalatenskap – barmhartigheid! Jy hoef nie gesofistikeerd, geleerd of ryk te wees om barmhartig te kan wees nie. Dien God - en ander - en jou
beloning in die hemel is verseker (sien 2 Timoteus 4:6-8 NLV)
20 Aug English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 21 Aug 2025

“She has done what she could.” Mark 14:8 NKJV Show kindness “A woman came having an alabaster flask of very costly oil…and poured it on His head. But there were some who were indignant…and said, ‘Why was this fragrant oil wasted? For it might have been sold for more than…
20 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 17 Aug 2025

“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA Jy het genoeg (2) Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om…
18 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 20 Aug 2025

“Lê julle toe op die beste genadegawes.” 1 Korintiërs 12:31 AFR83 Die verhoogde waarde van ‘n groter doel Die waarde van enigiets word deur sy funksionaliteit bepaal. Watter probleem los dit op? Aan watter behoefte voldoen dit? Sand is ‘n goeie voorbeeld. Op die strand is sand gratis. As jy…
12 Aug 2 min

Word for Today - 20 Aug 2025

“Earnestly desire the best gifts.” 1 Corinthians 12:31 NKJV The increased value of a greater purpose The value of anything is determined by its function. What problem does it solve? What need does it meet? Sand is a good example. At the beach, sand is free. But if you want…
12 Aug 2 min

Woord vir Vandag - 19 Aug 2025

“…Wees almal eensgesind, simpatiek, lief vir mekaar, goedhartig en nederig.” 1 Petrus 3:8 NLV Hoe om met ander oor die weg te kom Plaas jouself in die ander persoon se skoene en probeer dinge uit hulle perspektief te sien. Dit is een van die groot geheime om met kliënte te…
12 Aug 2 min