
Politieke gevegte moet stop sodat dienste gelewer word
Loading player...
Die Stampriet-dorpsraad word gekritiseer oor beweerde partydige aanstellingspraktyke en die doelbewuste vertraging van die aanstelling van 'n permanente raadshoof, na bewering om voortgesette inmenging deur raadslede in administratiewe sake toe te laat. Hierdie bewerings is geopper deur landelike ontwikkelingminister James Sankwasa. Kosmos 94.1 Nuus het gepraat met die bestuurskenner Pius Dunaiski, wat beklemtoon dat politieke belange nooit voorrang bo effektiewe dienslewering moet geniet nie.