
SA-landbou is veerkragtig - Steenhuisen
Loading player...
Die Minister van Landbou John Steenhuisen sê die landbousektor wys merkwaardige groei en veerkragtigheid ten spyte van wêreldwye wind van voor. Nuwe data wat die Landbou Sakekamer bekend gemaak het, wys landbou-uitvoer na Amerika het in die tweede kwartaal vanjaar met 26-persent gestyg in vergelyking met dieselfde tydperk verlede jaar. Die woordvoerder van die ministerie, Joylene van Wyk, sê dit wys duidelik hoe dringend dit is om die gesprek met Amerika oor tariewe voort te sit: