Nekundi voer inspeksie uit oor warm water by Windhoek Sentraal

Loading player...
Vanoggend het die vervoerminister, Veikko Nekundi, saam met die gesondheidsminister, dr. Esperance Luvindao, die Windhoek Sentrale Hospitaal besoek om die vordering met die installering van warm water te inspekteer. Die besoek volg op Nekundi se opdrag aan sy ministerie om tegniese ondersteuning te bied om te verseker dat warm water na 15 jaar daarsonder herstel word.
19 Aug 5AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Tamatiegeskil tussen Namibië, SA opgeklaar

Gesprekke is aan die gang tussen Namibië en Suid-Afrika nadat die Suid-Afrikaanse owerhede die invoerpermit vir die Namibiese tamatieprodusent Sonop Farms teruggetrek het. Die stap kan lei tot groot werkverliese en die vernietiging van duisende tamaties. Die woordvoerder van die landbouministerie, Simon Nghipandulwa, sê opdaterings sal volg soos die onderhandelinge…
19 Aug 9AM 1 min

Macron dring aan op Oekraïne-skietstilstand

Die Franse president, Emmanuel Macron, sê ʼn skietstilstand is ʼn noodsaaklike voorwaarde vir onderhandelinge om die oorlog tussen Oekraïne en Rusland te beëindig. Die Amerikaanse president, Donald Trump, het vroeër gesê dis nie nodig nie omdat ʼn vredesooreenkoms uitgewerk kan word al is die oorlog aan die gang. Trump het…
19 Aug 9AM 1 min

Kry nuwe ID-kaart om reis makliker te maak

Namibië en Botswana aanvaar nou nasionale ID-kaarte vir reise by vyf grensposte, met die meeste verkeer aangeteken by Trans-Kalahari. Meer Batswana as Namibiërs het die stelsel gebruik, wat glad verloop het, behalwe vir reisigers wat ou ID's voorlê. Slegs die nuwe ID met 'n QR-kode en masjienleesbare sone is geldig…
19 Aug 8AM 1 min

Eskom loods herwinbare energie-onttrekkingsprogram

Eskom het sy eerste herwinbare energie-onttrekkingsprogram bekend gestel deur groot kragverbruikers te nooi om 291-megawatt sonkrag te bekom. Dis deur langtermyn kragaankoop-ooreenkomste van die kragverskaffer se herwinbare energie-aanlegte. Dis deel van Eskom se voortgesette ontwikkeling van 'n gebalanseerde enegiemengsel wat uit steenkool, kernkrag, gas, herwinbare en energie-opberging bestaan. Die kragverskaffer…
19 Aug 8AM 1 min

Registreer voor 19:00 vandag

Die Namibiese Verkiesingskommissie herinner almal dat die aanvullende kieserregistrasie vanaand om sewe-uur eindig. Die proses wat op 4 Augustus begin het, het ‘n lae opkoms ervaar. Plaaslike owerheidverkiesings ervaar op elke siklus die uitdaging, al is dit die belangrikste verkiesing. Kosmos 94.1 Nuus het met die kommissie se woordvoerder, De…
19 Aug 6AM 1 min