Trump sê hy reël vergadering tussen Putin en Zelensky

Loading player...
President Donald Trump van Amerika sê hy het begin om ʼn ontmoeting tussen sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, en die Oekraïnse leier, Volodymyr Zelensky, te reël. Trump het met Zelensky en ʼn paar Europese leiers by die Withuis beraadslaag. Die Kremlin het die voorstel vir ʼn ontmoeting tussen Putin en Zelensky herhaaldelik verwerp. Trump sê dis nie nodig vir ʼn skietstilstand voordat onderhandelings plaasvind om die oorlog te beëindig nie:
19 Aug 2AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stel net weer die eenheidsregering in - RISE

RISE Mzansi sê die regering van nasionale eenheid moet heringestel word eerder as om van krisis tot krisis te strompel terwyl die land self in ʼn krisis is. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede maand besluit om die koalisieregering te vergroot om meer partye in te sluit om…
19 Aug 4AM 1 min

Zelensky sê hy's reg vir Putin-vergadering

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê hy is gereed vir ʼn bilaterale ontmoeting met president Vladimir Putin van Rusland om die oorlog te beëindig. Zelensky en sewe ander Europese leiers het gister in die Withuis met president Donald Trump vergader. Die ontmoeting volg na Trump en Putin se beraad Vrydag…
19 Aug 4AM 1 min

Airlink skenk vliegtuig aan ingenieurskool

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, oorhandig vandag amptelik 'n uitgediende Embraer 135-passasiersvliegtuig aan die Rhodesfield Ingenieurswese-skool vir Lugvaartspesialisering in Kemptonpark. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die vliegtuig, wat deur Airlink geskenk is, sal vir opleiding gebruik word vir leerders wat lugvaartstudies wil volg:
19 Aug 3AM 1 min

Kenner verduidelik belangrikheid van Donbas vir Rusland

Rusland veg al jare teen Oekraïne vir beheer van die oostelike Donbas-streek. Donbas bestaan uit die Luhansk- en Donetsk-oblaste en is teen die Russiese grens. Russiese president Vladimir Putin dring aan dat Oekraïne die gebied moet opgee as deel van enige vredesooreenkoms, maar Oekraïne weier. Die militêre spesialis Michael Clarke…
19 Aug 3AM 1 min

Nust hou vergadering oor KI, hoë onderwys

Nust sal die Internasionale Konferensie oor Verantwoordelike Gebruik van KI en Opkomende Tegnologieë in Hoër Onderwys van 1 tot 3 Oktober by die Windhoek Buiteklub en -Oord aanbied onder die tema "Oorbrugging van Afrika- en diaspora-perspektiewe". Besprekings sal fokus op etiese innovasie, kunsmatige intelligensie in onderwys en samewerking oor sektore…
19 Aug 2AM 1 min