Giwusa sê nasionale dialoog is net ‘n gepraat

Loading player...
Die nywerheidsvakbond Giwusa sê die vergadering van verteenwoordigers om die proses van die nasionale dialoog te bespreek was niks meer as 'n gepraat nie. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei sê die vakbond verwerp die valse hoop van die nasionale dialoog. Hy sê Giwusa sal nie om die bos gelei word om te glo dat dieselfde magte wat vir die lyding verantwoordelik is, skielik die redders of vennote kan word nie:
19 Aug 1AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Stel net weer die eenheidsregering in - RISE

RISE Mzansi sê die regering van nasionale eenheid moet heringestel word eerder as om van krisis tot krisis te strompel terwyl die land self in ʼn krisis is. Die ANC se nasionale uitvoerende komitee het verlede maand besluit om die koalisieregering te vergroot om meer partye in te sluit om…
19 Aug 4AM 1 min

Zelensky sê hy's reg vir Putin-vergadering

President Volodymyr Zelensky van Oekraïne sê hy is gereed vir ʼn bilaterale ontmoeting met president Vladimir Putin van Rusland om die oorlog te beëindig. Zelensky en sewe ander Europese leiers het gister in die Withuis met president Donald Trump vergader. Die ontmoeting volg na Trump en Putin se beraad Vrydag…
19 Aug 4AM 1 min

Airlink skenk vliegtuig aan ingenieurskool

Die Gautengse LUR vir Onderwys, Matome Chiloane, oorhandig vandag amptelik 'n uitgediende Embraer 135-passasiersvliegtuig aan die Rhodesfield Ingenieurswese-skool vir Lugvaartspesialisering in Kemptonpark. Die departement se woordvoerder, Steve Mabona, sê die vliegtuig, wat deur Airlink geskenk is, sal vir opleiding gebruik word vir leerders wat lugvaartstudies wil volg:
19 Aug 3AM 1 min

Kenner verduidelik belangrikheid van Donbas vir Rusland

Rusland veg al jare teen Oekraïne vir beheer van die oostelike Donbas-streek. Donbas bestaan uit die Luhansk- en Donetsk-oblaste en is teen die Russiese grens. Russiese president Vladimir Putin dring aan dat Oekraïne die gebied moet opgee as deel van enige vredesooreenkoms, maar Oekraïne weier. Die militêre spesialis Michael Clarke…
19 Aug 3AM 1 min

Nust hou vergadering oor KI, hoë onderwys

Nust sal die Internasionale Konferensie oor Verantwoordelike Gebruik van KI en Opkomende Tegnologieë in Hoër Onderwys van 1 tot 3 Oktober by die Windhoek Buiteklub en -Oord aanbied onder die tema "Oorbrugging van Afrika- en diaspora-perspektiewe". Besprekings sal fokus op etiese innovasie, kunsmatige intelligensie in onderwys en samewerking oor sektore…
19 Aug 2AM 1 min