Nust sal die Internasionale Konferensie oor Verantwoordelike Gebruik van KI en Opkomende Tegnologieë in Hoër Onderwys van 1 tot 3 Oktober by die Windhoek Buiteklub en -Oord aanbied onder die tema "Oorbrugging van Afrika- en diaspora-perspektiewe". Besprekings sal fokus op etiese innovasie, kunsmatige intelligensie in onderwys en samewerking oor sektore…
President Donald Trump van Amerika sê hy het begin om ʼn ontmoeting tussen sy Russiese ampsgenoot, Vladimir Putin, en die Oekraïnse leier, Volodymyr Zelensky, te reël. Trump het met Zelensky en ʼn paar Europese leiers by die Withuis beraadslaag. Die Kremlin het die voorstel vir ʼn ontmoeting tussen Putin en…
Hamas het ingestem tot die jongste voorstel van streeksbemiddelaars vir 'n wapenstilstand in Gaza en 'n ooreenkoms met Israel vir die vrylating van gyselaars, het 'n bron in die groep aan die BBC gesê. Die voorstel van Egipte en Katar is glo gebaseer op 'n tweestap-raamwerk wat die Amerikaanse gesant…
Die nywerheidsvakbond Giwusa sê die vergadering van verteenwoordigers om die proses van die nasionale dialoog te bespreek was niks meer as 'n gepraat nie. Die president van Giwusa, Mametlwe Sebei sê die vakbond verwerp die valse hoop van die nasionale dialoog. Hy sê Giwusa sal nie om die bos gelei…
Die omgewingsministerie en Wêreldnatuurlewefonds Namibië is besig met 'n herstelstrategie vir dele van die Dorob- en Skeleton Coast-parke, insluitend die Uniab-delta en Messum-krater, waar voertuie onwettig brose landskappe en antieke Welwitschia-plante beskadig het. Maatreëls sluit in heinings, digitale kaarte en bewusmakingsveldtogte om die sensitiewe terreine te beskerm. Kosmos 94.1 Nuus…
iono.fm may request cookies to be stored on our device. We use cookies to understand how you interact with us, to enrich and personalise your experience, to enable social media functionality and to provide more relevant advertising. Using the sections below you can customise which cookies we're allowed to store. Note that blocking some types of cookies may impact your experience.