Letshego Holdings groei uit sy nate

Loading player...
Letshego Holdings Namibia het 'n styging van 25 persent in wins na belasting tot 249 miljoen Namibiese dollar vir die ses maande geëindig 30 Junie 2025 aangeteken. Uitvoerende hoof, Ester Kali, sê die groei is gedryf deur hoër rente-inkomste en verhoogde leningsvoorskotte. Netto rente-inkomste het met 40 persent gestyg tot 352 miljoen dollar. Kosmos 94.1 Nuus het met Kara van den Heever, 'n ekonoom by Simonis Storm, gesels.
18 Aug 11AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Beesvleis, houstkool moet voldoen aan nuwe EU-reëls

Namibië se beesvleis en houtskoolbedrywe staar 'n nuwe EU-handelshindernis in die gesig. Vanaf Januarie 2026 sal slegs produkte wat bewys is as ontbossingsvry in Europa se markte toegelaat word. Met die EU wat Namibië as 'n 'standaardrisiko'-land klassifiseer, moet plaaslike produsente nou streng voldoeningsreëls navigeer of die risiko loop om…
19 Aug 12AM 1 min

Namport se tenderkansellasie 'n hou vir Lüderitz

Die burgemeester van Lüderitz, Phil Balbao, sê die kansellasie van Namport se voorkwalifikasie-tender vir 'n nuwe olie- en gasvoorsieningsbasis is 'n groot slag, aangesien die basis die dorp se ekonomie aansienlik sou versterk het. Namport het die tender Vrydag sonder verduidelikings gekanselleer, enkele dae na die bekendstelling daarvan. Die projek…
19 Aug 12AM 1 min

Miljarde vir waterinfrastruktuur na Kaapse beraad

Die Minister van Water en Sanitasie, Pemmy Majodina, het aangekondig meer as 176-miljard Suid-Afrikaanse rand is in die laaste drie dae van die Waterbeleggingsberaad in Kaapstad ingesamel. Sy sê net 80 belangrike waterbeleggingsprojeke van 38 verskillende lande is vir die beraad gekies. Volgens haar het gebrekkige beleggings in water alle…
18 Aug 11PM 1 min

Zelensky se Withuis-besoek die keer, lekkerder

Oekraïnse president Volodymyr Zelensky het 'n veel warmer ontvangs by die Withuis gekry vir sy samesprekings met Amerikaanse president Donald Trump, voor 'n vergadering later Maandag met Europese leiers oor die oorlog teen Rusland. Trump het by 'n perskonferensie gesê hy is seker daar sal vrede wees en dat dit…
18 Aug 11PM 1 min