Woord vir Vandag - 17 Aug 2025
Loading player...
“…Julle moet vra, en julle sal kry…” Johannes 16:24 ABA
Jy het genoeg (2)
Bid jy, maar God het nog nie geantwoord nie? Kom ons kyk na ‘n paar moontlike redes daarvoor. 1) Miskien verwag jy baie van God, maar nie baie van jouself nie. Miskien vra Hy jou om harder te werk deur die vernuf wat Hy jou gegee het, te gebruik. Elia was in ‘n verwoestende droogte vasgevang toe God vir hom gesê het om na die Kritspruit toe te gaan en dat kraaie vir hom daar kos sou bring (sien 1 Konings 17:1-4). Elia kon geantwoord het: ‘Here, ek is uitgeput! Kan U hulle nie hiernatoe stuur nie?’ Die Bybel sê egter: ‘Elia het gedoen soos die Here hom beveel het…’ (1 Konings 17:5 NLV). Vra vir God of daar iets is wat jy moet doen en wanneer Hy vir jou die opdrag gee, doen dit. 2) Miskien is jou gebede nie breedvoerig genoeg nie. Weet God nie reeds wat ons nodig het nie? Ja, maar Hy wil dit by jou hoor. ‘…En eintlik is die rede hoekom julle nie het wat julle wil hê nie, die feit dat julle God nie daarvoor vra nie’ (Jakobus 4:2 NLV). God wil hê dat ons in gebed moet volhard: ‘En so sê Ek vir julle, hou aan vra, en vir julle sal gegee word wat julle vra. Hou aan soek, en julle sal vind. Hou aan klop, en die deur sal oopgemaak word’ (Lukas 11:9 NLV). 3) Ons besef nie dat God op sy tyd aan ons behoeftes wil voldoen nie. Soms wag Hy sodat Hy iets groters kan doen. Lasarus was dodelik siek, maar Jesus het nie onmiddellik gereageer nie. Hy het gewag sodat Hy hom uit die dood kon opwek (sien Johannes 11:1-6, 43-44). Die Woord verseker ons: ‘…Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie’ (Psalm 84:12 NLV).