
Vakbond probeer SABC-afleggings keer
Loading player...
Die vakbond wat kommunikasiewerkers verteenwoordig, CWU, doen 'n beroep op die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, om dringend in te gryp in die SABC se afleggingsplan. Die openbare uitsaaier beplan om verkoopspersoneel af te dank as deel van die herstrukturering om sy finansiële uitdagings aan te spreek. Die SABC het laas in 2020 en 2021 groot afleggings gedoen. CWU se woordvoerder, Moffat Seutlwadi, sê die openbare uitsaaier moet voldoen aan die basiese wetlike vereistes wat in die Wet op Arbeidsverhoudinge uiteengesit word: