
NNN by SADC-spitsberaad in Madagaskar
Loading player...
President Netumbo Nandi Ndaitwah en haar Suid-Afrikaanse eweknie Cyril Ramaphosa sal vandag die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde van die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap in Madagaskar bywoon. Die tema van die beraad is Bevordering van Industrialisering, Landbou-transformasie en Energie-oorgang vir 'n Veerkragtige SADC. Die Suid-Afrikaanse presidensiële woordvoerder, Vincent Magwenya, sê die beraad fokus op die versnelling van streeksintegrasie, die versterking van industriële vermoë en streekswaardekettings, die modernisering van landbou en die bevordering van 'n inklusiewe energie-oorgang: