SA regering moet ingryp met taxi-geweld

Loading player...
Die DA in Gauteng doen 'n beroep op die regering vir dringende ingryping om die dodelike konflik tussen taxi en e-taxi bestuurders te beeïndig. Die gevegte het sedert April tot die verlies van 60 lewens gelei. Die party vra dat premier Panyaza Lesufi en die LUR van Vervoer, Kedibone Diale Tlabela saam met die nasionale regering moet werk om wetgewing af te dwing en verdere geweld te voorkom. Nicole van Dyk van die DA sê die veiligheid van pendelaars en die keuse van vervoer word deur die aanhoudende konflik ondermyn:
16 Aug 4AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Vakbond probeer SABC-afleggings keer

Die vakbond wat kommunikasiewerkers verteenwoordig, CWU, doen 'n beroep op die minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologieë, Solly Malatsi, om dringend in te gryp in die SABC se afleggingsplan. Die openbare uitsaaier beplan om verkoopspersoneel af te dank as deel van die herstrukturering om sy finansiële uitdagings aan te spreek. Die SABC het laas…
17 Aug 11PM 1 min

Márquez vat eerste oorwining in die Red Bull Ring

Die sesmalige MotoGP-kampioen, Marc Márquez, het die Oostenrykse Grand Prix gewen in sy eerste oorwinning in die Red Bull Ring. Die Ducati-ryer het die voorloper Marco Bezzecchi in die 20ste ronde verbygesteek en sy sesde agtereenvolgende sege van die seisoen behaal. Die nuweling Fermin Aldeguer is tweede en Bezzecchi derde. Die Suid-Afrikaner…
17 Aug 11PM 1 min

Bykans 1 000 mynwerkers in SA gearresteer

Altesaam 999 vermeende onwettige mynwerkers van verskillende nasionaliteite is in hegtenis geneem tydens die landswye Vala Umgodi-operasie in Julie. 'n Polisiewoordvoerder Vincent Mukhathi sê hulle word aangekla van onder meer moord, poging tot moord, diefstal van minerale, en die onwettige besit van plofstof, vuurwapens en goud:
17 Aug 5AM 1 min

Nywerheid topprioriteit in SADC, sê Mnangagwa

Die ontwikkeling van nywerheid in die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap bly ‘n kernprioriteit, sê die uittredende SADC-voorsitter, president Emmerson Mnangagwa van Zimbabwe. Tydens die opening van die 45ste Spitsberaad van Staats- en Regeringshoofde in Madagaskar gesê. Kollektiewe pogings vir waardetoevoeging tot natuurlike hulpbronne en meer handel moet opgeskerp word, sê Mnangagwa. Hy…
17 Aug 5AM 1 min

VN: Humanitêre krisis in Gaza vererger

Die Verenigde Nasies het sy waarskuwing herhaal dat sonder 'n dringende en onbeperkte hulp, Gaza se reeds ernstige humanitêre krisis verder kan vererger. Van die 12 hulpsendings wat hierdie week deur koördinering met die Israelse regering moes funksioneer, is slegs vyf gediens. Vier is gekanselleer en drie is belemmer. Dit…
17 Aug 4AM 1 min