
Burgers sal Nasionale Dialoog lei, sê Cyril
Loading player...
President Cyril Ramaphosa het bevestig dat 'n reëlingskomitee bestaande uit burgers vandag gekies sal word om die Nasionale Dialoog te lei. Ramaphosa het by die Universiteit van Suid-Afrika in Pretoria gesê die dialoog sal teen die laagste moontlike koste aangebied word met koste-besparingsmaatreëls wat in werking gestel is. Hy het UNISA geloof dat hulle die lokaal gratis beskikbaar gestel het en sê toekomstige dialoë sal by skole, kerke, en selfs buitelugpersele gehou word om kostes te beperk: