
NNN gee nie om oor Lubango-gruwels, sê oorlewende
Loading player...
Oorlewendes en familielede van diegene wat in Swapo se Lubango-kerkers in Angola verdwyn het, spreek hulle uit teen president Netumbo Nandi-Ndaitwah se besluit om nasionale heldestatus en 'n staatsbegrafnis aan voormalige leërhoof Solomon 'Jesus' Hawala te verleen. Dr. Leefa Martin, 'n oorlewende van die kerkers, en ‘n lid van Conquerors – Survivors of Lubango Dungeons and Other Atrocities in Exile, sê dat die besluit van president Netumbo Nandi-Ndaitwah wys dat sy nie omgee nie. Martin het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat.